Ezekiel 33:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Weer as Ek aan die goddelose sê: Jy sal sekerlik sterwe; as hy hom bekeer van sy sonde en doen wat reg en reg is;
Afrikaans (NLV) 2011 As Ek vir bose mense sê hulle sal doodgaan, maar hulle draai weg van hulle sondes en doen wat reg en goed is,
Afrikaans 1933/1953 En as Ek aan die goddelose sê: Jy sal sekerlik sterwe -- en hy hom van sy sonde bekeer, en reg en geregtigheid doen --
Afrikaans 1983 En wanneer Ek vir 'n goddelose sê hy sal sekerlik sterwe, en hy bekeer hom van sy sonde en hy laat reg geskied en doen reg,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En wanneer Ek vir die goddelose sê hy sal beslis sterf, maar hy bekeer hom van sy sonde, en hy doen wat reg en billik is –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As 'n persoon altyd verkeerd gedoen het, en Ek sê vir hom hy sal sterf, dit is seker, en hy hou op om sonde te doen en hy doen reg en hy lewe reg, dan sal hy aanhou lewe, hy sal nie sterf nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En sê nou maar daar is mense wat sleg is en aanhou om die slegte te doen. En dan waarsku Ek hulle dat hulle doodgemaak sal word omdat hulle so sleg is. Maar hierdie mense draai dan om en doen nie meer verkeerde dinge nie. Hulle doen wat Ek sê.