Ezekiel 33:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As Ek aan die regverdige sê dat hy sekerlik sal lewe; as hy op sy eie geregtigheid vertrou en onreg doen, sal aan al sy geregtigheid nie gedink word nie; maar oor sy ongeregtigheid wat hy gedoen het, sal hy daarvoor sterwe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As Ek vir regverdige mense sê hulle sal lewe, maar hulle begin dan sonde doen en verwag dat hulle regte optrede van die verlede hulle sal red, dan sal niks van hulle goeie dade onthou word nie. Ek sal hulle oor hulle sondes vernietig. |
| Afrikaans 1933/1953 | As Ek aan die regverdige sê dat hy sekerlik sal lewe, en hy vertrou op sy geregtigheid en doen onreg, dan sal aan al sy geregtighede nie gedink word nie, maar deur sy onreg wat hy doen, daardeur sal hy sterwe. |
| Afrikaans 1983 | Wanneer Ek vir 'n goeie mens sê hy sal die lewe behou, en hy vertrou op sy goeie dade en hy pleeg onreg, sal al sy goeie dade nie in sy guns tel nie; hy sal sterf omdat hy onreg gepleeg het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wanneer Ek vir die regverdige sê hy sal beslis bly leef, maar hy vertrou op sy geregtigheid en doen onreg – geen van sy regverdige optrede sal in herinnering geroep word nie; deur die onreg wat hy gedoen het, daardeur sal hy sterf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As 'n persoon altyd reg gelewe het, en Ek sê hy sal aanhou lewe, dan moet hy nie dink dít sal hom red nie, dan moet hy nie verkeerde dinge begin doen nie, want as hy verkeerd begin lewe, dan sal Ek nie dink aan die tyd toe hy reg gelewe het nie. Hy sal sterf omdat hy verkeerd gedoen het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sê nou daar is mense wat reg doen en Ek het vir hulle gesê dat hulle sal lewe, maar hierdie mense begin dan slegte dinge doen. Hulle dink dalk dat Ek hulle steeds sal laat bly lewe. Hulle dink dat die goeie wat hulle gedoen het, hulle steeds sal red. Maar Ek sê vir jou: Ek sal niks onthou van al die goeie dade wat hulle gedoen het nie. Ek sien net die slegte raak wat hulle nou doen. |