Ezekiel 33:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, mensekind, sê vir die kinders van jou volk: Die geregtigheid van die regverdige sal hom nie red op die dag van sy oortreding nie; van sy boosheid; en die regverdige sal vir sy geregtigheid nie kan lewe op die dag as hy sondig nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Mensekind, sê vir jou volksgenote: Die goeie dade van regverdige mense sal hulle nie red as hulle sonde doen nie. En die sondes van bose mense sal nie teen hulle tel as hulle hulle bekeer en wegdraai van hulle sonde nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En jy, mensekind, sê aan die kinders van jou volk: Die geregtigheid van die regverdige sal hom nie red op die dag van sy oortreding nie; en aangaande die goddeloosheid van die goddelose, hy sal daardeur nie struikel op die dag as hy hom van sy goddeloosheid bekeer nie; en die regverdige sal deur sy geregtigheid nie kan lewe op die dag as hy sondig nie. |
| Afrikaans 1983 | “Mens, jy moet vir die mense van jou volk sê: Die goeie dade van 'n goeie mens sal hom nie red die dag as hy teen My in opstand kom nie, en die slegte dade van 'n goddelose sal nie teen hom tel die dag as hy hom van sy slegte dade bekeer nie. Die goeie mens sal nie deur sy goeie dade bly lewe die dag as hy sondig nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En jy, mensekind, sê vir die mense van jou volk, ‘Die geregtigheid van die regverdige sal hom nie red op die dag van sy oortreding nie, en die goddeloosheid van die goddelose – daardeur sal hy nie tot 'n val kom op die dag wanneer hy hom bekeer van sy goddeloosheid nie. Ja, die regverdige, hy sal nie deur sy geregtigheid kan bly leef op die dag wanneer hy sondig nie.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En jy, mens, jy moet vir jou mense sê: Wanneer iemand altyd reg gelewe het, en hy word later opstandig teen My, dan sal dit nie help dat hy voorheen reg gelewe het nie. En wanneer iemand altyd verkeerd gedoen het, en hy hou op om verkeerd te doen, dan sal Ek hom nie straf nie. 'n Mens wat altyd reg gelewe het en wat dan begin sonde doen, sal nie aanhou lewe nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Mens, sê vir hierdie klomp mense Ek sê: As mense goedgedoen het, maar dan ophou daarmee en slegte dinge begin doen, sal hulle goeie dade hulle nie red nie. As ’n mens weier om te doen wat Ek hom beveel om te doen, sal Ek hom straf. En as slegte mense ophou om slegte dinge te doen en omdraai en agter My aanloop, sal Ek hulle nie straf vir hulle slegte dade nie. Nee, hulle sal lewe omdat hulle begin doen het wat Ek sê. |