Ezekiel 33:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sê vir hulle: So waar as Ek leef, spreek die HERE HERE, Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie; maar dat die goddelose hom bekeer van sy weg en lewe. Want waarom sal julle sterwe, o huis van Israel?
Afrikaans (NLV) 2011 So seker as wat Ek leef, sê die oppermagtige Here, Ek wil nie hê skuldige mense moet doodgaan nie. Ek wil net hê hulle moet omdraai van hulle bose optrede sodat hulle kan lewe. Draai om! Draai weg van julle boosheid, mense van Israel! Hoekom wil julle doodgaan?
Afrikaans 1933/1953 Sê vir hulle: So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom bekeer van sy weg en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van jul verkeerde weë! Waarom tog wil julle sterwe, o huis van Israel?
Afrikaans 1983 “Sê vir hulle: So seker as Ek leef, sê die Here my God, Ek wil nie hê die sondaar moet deur sy sonde sterf nie, Ek wil hê hy moet van sy optrede afsien en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van julle bose optrede! Waarom wil julle sterf, Israel?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sê vir hulle, ‘So seker as wat Ek leef, is die uitspraak van my Heer, die Here: “Ek vind geen vreugde in die dood van die goddelose nie, maar wel vreugde daarin dat 'n goddelose terugkeer van sy pad, en leef. Keer terug, keer terug van julle bose paaie! Waarom moet julle sterf, huis van Israel?” ’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mens, jy moet vir hulle sê: Die Here, Hy wat Here is, sê: Ek wil nie hê dat die mens wat verkeerd doen, moet sterf nie. Dit is seker, so seker soos Ek lewe. Ek wil hê hy moet ophou verkeerd doen sodat hy kan aanhou lewe. Israel, julle moet ophou verkeerd doen, julle moet ophou. Hoekom wil julle sterf?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “So seker as wat Ek leef,” sê die Here, Esegiël se God, “dis nie vir My lekker om mense dood te maak nie. Maar as mense aanhou om slegte dinge te doen en Ek hulle daaroor gewaarsku het, het Ek geen ander keuse as om hulle dood te maak nie. Ek wil so graag hê hulle moet omdraai en agter My aanloop. Ek wil so graag sien dat hulle begin doen wat Ek sê. Dan sal hulle leef! Daarom, draai dadelik om, my volk. Draai weg van jou slegte paaie af. Hoekom tart julle My? Hoekom wil julle hê Ek moet geen ander keuse oorhê as om julle te straf en dood te maak nie?”