Ezekiel 33:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, o mensekind, spreek met die huis van Israel; So spreek julle en sê: As ons oortredinge en ons sondes op ons is en ons daardeur wegkwyn, hoe moet ons dan lewe? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Mensekind, sê vir die mense van Israel: Julle sê: ‘Ons oortredings en sondes rus swaar op ons. Ons vergaan! Hoe gaan ons oorleef?’ |
| Afrikaans 1933/1953 | En jy, mensekind, sê aan die huis van Israel: So het julle gesê: Gewis, ons oortredinge en ons sondes is op ons, en daardeur teer ons weg -- hoe kan ons dan lewe? |
| Afrikaans 1983 | “Mens, jy moet vir Israel sê: Julle sê: ‘Ons opstandigheid, ons sonde rus swaar op ons, ons vergaan daaronder, hoe kan ons nog lewe?’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Jy, mensekind, sê vir die huis van Israel, ‘Dit is wat julle sê: “Omdat ons oortredings en ons sonde op ons druk, en ons daarvan wegteer, hoe kan ons bly leef?” ’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En jy, mens, jy moet vir die volk Israel sê: Julle sê: ‘Ons was opstandig en ons het baie sonde gedoen, so baie dat dit soos 'n swaar vrag is wat ons moet dra. Ons het klaar begin om stadig te sterf, ons kan nie aanhou lewe nie.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Mens, sê vir die volk Israel wat Ek sê: Julle hou aan met kla dat julle swaar gestraf word. Julle sê julle slegte dade kom op julle eie koppe af. Dit gaan sleg met julle. ‘Ons vergaan,’ sê julle. ‘Ons kan nie só aanhou leef nie!’ |