Ezekiel 32:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Al die helder ligte van die hemel sal Ek oor jou donker maak en duisternis oor jou land laat lê, spreek die HERE HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek bring donkerte oor jou hele land. Selfs die helderste sterre sal bo jou donker word. Ek is die oppermagtige Here, en Ek sê so.
Afrikaans 1933/1953 Al die skynende ligte aan die hemel, die sal Ek om jou ontwil duister maak, en Ek sal duisternis gee oor jou land, spreek die Here HERE.
Afrikaans 1983 Ek laat al die hemelliggame treur oor jou en maak dit donker op die aarde, sê die Here my God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Al die ligbronne aan die hemelruim sal Ek bo jou laat verdonker. Ek sal duisternis oor jou land bring.” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here. ’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal al die sterre donker laat word, die sterre wat in die lug skyn, en Ek sal dit donker maak in jou land.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ja, die hele wêreld sal donker word, oor die hele Egipte. Selfs die helderste sterre bokant jou sal donker wees. Want Ek, die Here, die God van Esegiël, beveel dat dit moet gebeur.