Ezekiel 32:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as Ek jou uitdryf, sal Ek die hemel bedek en sy sterre verduister; Ek sal die son met 'n wolk bedek, en die maan sal sy lig nie gee nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wanneer Ek jou vernietig, maak Ek die hemel toe en verdonker Ek die sterre. Ek bedek die son met wolke en die maan sal nie skyn nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as Ek jou uitblus, sal Ek die hemel oordek en sy sterre verdonker; Ek sal die son met wolke oordek, en die maan sal sy lig nie laat skyn nie. |
| Afrikaans 1983 | Wanneer Ek jou tot niet maak, maak Ek die hemel toe en laat Ek die sterre se lig nie deurkom nie, Ek maak die son toe met 'n wolk, en die maan sal nie skyn nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wanneer Ek jou uitdoof, sal Ek die hemelruim oordek; Ek sal sy sterre laat verdonker; die son sal Ek met wolke bedek en die maan sal nie sy lig laat skyn nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer Ek jou laat sterf, dan sal Ek die lug toemaak en Ek sal die sterre donker laat word. Ek sal die son met 'n wolk toemaak, en die maan sal nie meer sy lig laat skyn nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die dag as Ek jou van die aarde afvee en jou doodmaak, sal Ek sorg dat die sterre donker word. Die wolke sal voor die son inskuif. En die maan sal donker wees. |