Ezekiel 32:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal die land waarin jy geswem het met jou bloed natmaak, tot by die berge; en die riviere sal vol wees van jou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek deurweek die aarde met jou bloed tot by die berge. Die klowe maak Ek vol daarvan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal jou stroomland natmaak met jou bloed tot by die berge; en die klowe sal vol word van jou. |
| Afrikaans 1983 | Met jou bloed wat op die berge uitgeloop het, deurweek Ek die grond; selfs die spruite word vol van jou bloed. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal die aarde tot by die berge deurdrenk met jou bloed wat vloei. Die stroombeddings sal vol wees van jou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jou bloed sal op die berge uitvloei, en Ek sal die aarde nat laat word met jou bloed, die waterslote sal vol bloed word. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek maak die aarde nat met jou bloed, tot by die berge. Jou bloed sal die valleie vol loop. |