Ezekiel 32:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dan sal Ek jou op die land laat, Ek sal jou uitwerp op die oop veld en al die voëls van die hemel op jou laat bly, en Ek sal die diere van die hele aarde met jou vul. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek los jou op droë grond. Al die voëls en wilde diere sal aan jou karkas kom vreet, hulle sal versadig word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dan sal Ek jou neerwerp op die land, jou wegslinger op die oop veld; en Ek sal al die voëls van die hemel op jou laat sit en die wilde diere van die hele aarde aan jou versadig. |
| Afrikaans 1983 | Ek gooi jou op die grond, Ek slinger jou die veld in, Ek laat al die voëls op jou kom sit, Ek laat die roofdiere hulle vol vreet aan jou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal jou op die grond laat lê, jou in die oop veld weggooi. Ek sal sorg dat al die voëls van die hemel hulle op jou tuismaak; Ek sal die diere van die hele aarde versadig maak van jou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en Ek sal jou uitgooi op die grond. Ek sal jou in die oop veld gooi en Ek sal sê al die voëls moet op jou kom sit. Ek sal vir al die diere van die aarde sê hulle moet jou eet totdat hulle vol is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan sal Ek jou daar op die strand laat lê. Jy sal daar doodgaan. Al die voëls sal op jou karkas kom sit. En die wilde diere sal aan jou kom vreet. |