Ezekiel 32:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Farao sal hulle sien en vertroos word oor sy hele menigte, naamlik Farao en sy hele leër wat deur die swaard verslaan is, spreek die HERE HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Wanneer die farao daar aankom, sal hy verlig wees om te sien dis nie net sy leër wat vernietig is nie, sê die oppermagtige Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | Farao sal hulle sien en hom troos oor sy hele menigte; deur die swaard verslaan is Farao en sy hele leër, spreek die Here HERE. |
| Afrikaans 1983 | “Wanneer die farao hulle sien, sal dit vir hom 'n troos wees as hy dink aan al sy hordes wat gesneuwel het, die farao met sy hele leër,” sê die Here my God. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Die farao sal hulle sien en dan berusting vind oor al sy hordes wat gesneuwel het deur die swaard – die farao en sy hele leër.” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer die farao hulle sien, dan sal hy nie meer sleg voel oor al sy soldate nie, al sy soldate wat saam met hom in oorlog gesterf het.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Daardie dag as die koning van Egipte in die graf beland, sal hy uitvind dat dit nie net sy soldate is wat almal doodgemaak is nie.” So sê die Here, die God van Esegiël: |