Ezekiel 32:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daar is die vorste van die Noorde, hulle almal, en al die Sidoniërs wat saam met die gesneuweldes neergedaal het; met hul verskrikking is hulle beskaamd oor hul mag; en hulle lê onbesnedenes by die wat deur die swaard verslaan is, en dra hul skande met die wat in die kuil neerdaal.
Afrikaans (NLV) 2011 Al die leiers van die noorde, ook die Sidoniërs is daar. Hulle wat met hulle mag verskrikking gesaai het, lê nou by onbesnedenes saam met dié wat gesneuwel het. Hulle deel die vernedering met dié wat reeds dood is.
Afrikaans 1933/1953 Daar is die vorste van die Noorde, hulle almal, en al die Sidoniërs wat neergedaal het saam met die wat verslaan is, en beskaamd staan ondanks die skrik deur hulle verwek vanweë hulle dapperheid; en nou lê hulle onbesnede by die wat verslaan is deur die swaard, en dra hulle skande by die wat in die kuil neergedaal het.
Afrikaans 1983 “Die vorste van die noorde is daar, hulle almal en al die Sidoniërs. Dié mense wat met hulle mag verskrikking gesaai het, het die neerlaag gely en lê eerloos by dié wat afgemaai is deur die swaard; hulle dra hulle vernedering saam met dié wat reeds dood is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar is die stamhoofde uit die noorde, hulle almal, en al die Sidoniërs, wat afgedaal het saam met die gesneuweldes; ondanks hulle skrikbewind van kragtige dade, staan hulle beskaamd. As onbesnedenes lê hulle by dié wat gesneuwel het deur die swaard. Hulle dra hulle vernedering saam met dié wat in die put afdaal.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Al die leiers van die noorde is daar, en al die mense van Sidon wat afgegaan het saam met die mense wat in oorlog gesterf het. Hulle was sterk, hulle het ander mense bang laat word, maar nou is hulle verneder. Niemand respekteer hulle nie, hulle het gaan lê by die mense wat in oorlog gesterf het. Hulle is nou nie meer belangrik nie, hulle is by die mense wat in die graf afgaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) So ook al die prinse van die noorde en die mense van Sidon: hulle lê almal in die graf. Vroeër was mense vir hulle bang, maar nou het daar niks van hulle oorgebly nie. Hulle lê tussen die mense wat Ek vernietig het.