Ezekiel 32:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sê die HERE HERE; Daarom sal Ek my net oor jou uitsprei met 'n menigte van baie mense; en hulle sal jou in my net laat optrek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die oppermagtige Here sê: Ek stuur baie mense om jou in my net te vang en jou uit die water te sleep. |
| Afrikaans 1933/1953 | So sê die Here HERE: So sal Ek dan my net oor jou uitsprei deur 'n vergadering van baie volke, en hulle sal jou optrek in my vangnet. |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here my God: “Tussen die baie nasies wat saamgekom het, gooi Ek my vangnet oor jou, en hulle trek jou op in my net. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘So sê my Heer, die Here: “Ek sal my vangnet oor jou gooi in die byeenkoms van baie volke, en hulle sal jou optrek in my sleepnet. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here, Hy wat Here is, sê: “Ek sal my vangnet oor jou gooi en Ek sal baie volke bymekaar laat kom. Hulle sal jou vang en optrek in my vangnet |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Daarom stuur Ek baie mense om teen jou te baklei,” sê die Here, Esegiël se God. “Hulle sal jou in hulle nette injaag en jou uit die water sleep. |