Ezekiel 32:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daar is Edom, sy konings en al sy vorste, wat met hulle mag neergelê is deur die wat deur die swaard verslaan is; hulle sal lê by die onbesnedenes en by die wat in die kuil neerdaal. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Edom is daar, met konings en prinse. Eens was hulle magtig, maar nou het hulle ook gesneuwel en lê in die graf saam met onbesnedenes. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daar is Edom, sy konings en al sy vorste, wat ondanks hulle dapperheid neergelê is by die wat verslaan is deur die swaard; hulle lê by die onbesnedenes en by die wat in die kuil neergedaal het. |
| Afrikaans 1983 | “Edom, sy konings, al sy regeerders is daar; ten spyte van hulle mag het hulle beland by dié wat afgemaai is deur die swaard; hulle lê by die eerloses, by dié wat reeds dood is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar is Edom, sy konings en al sy leiers hulle wat ondanks hulle magtige dade neergelê is by dié wat gesneuwel het deur die swaard. Ook hulle lê by die onbesnedenes, saam met dié wat in die put afdaal. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Edom en sy konings en die ander mense wat oor hom regeer het, is ook daar. Hulle was sterk, maar hulle het in oorlog gesterf. Hulle lê by die dooie mense, niemand respekteer daardie mense nou nie, hulle is by die mense wat afgaan in die graf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Edom is reeds daar in die doderyk, met sy konings en prinse. Hulle was so sterk. En nou lê hulle tussen die soldate van ander lande wat mense doodgemaak het. Hulle is nou tussen die mense wat van die aarde weggevee is oor hulle slegte dade. |