Ezekiel 32:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ja, jy sal verbreek word tussen die onbesnedenes, en jy sal gemeenskap hê met die wat deur die swaard verslaan is.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ook jy, Egipte, sal verslaan lê tussen die onbesnedenes, almal slagoffers van die swaard.
Afrikaans 1933/1953 Jy sal ook verbreek word onder die onbesnedenes, en jy sal lê by die wat deur die swaard verslaan is.
Afrikaans 1983 “Jy kom saam met die eerloses tot 'n einde, Egipte, jy moet by dié wat deur die swaard afgemaai is, gaan lê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “En jy, farao, tussen onbesnedenes sal jy gebreek word, en lê by dié wat gesneuwel het deur die swaard.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Egipte, jy sal ook stukkend breek, en jy sal moet gaan lê saam met die ander wat in oorlog gesterf het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “En nou dink jy, Egipte, dat dit met jou goed sal gaan? Ook jy sal van die aarde afgevee word! Jy sal ook doodgemaak word in die oorlog wat Ek stuur. Jy sal saam met die ander in die graf lê.