Ezekiel 32:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle sal nie gemeenskap hê met die magtiges wat geval het van die onbesnedenes wat met hulle oorlogswapens na die doderyk neergedaal het nie; en hulle het hulle swaarde onder hulle hoofde gelê, maar hulle ongeregtighede sal op hulle gebeente wees, al was hulle die verskrikking van die magtiges in die land van die lewendes.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle is nie met eer begrawe soos helde met hulle wapens nie — met skilde wat hulle liggame bedek en swaarde onder hulle koppe nie. In die land van die lewendes het hulle oral paniek gesaai.
Afrikaans 1933/1953 Maar hulle lê nie by die helde wat geval het uit die onbesnedenes, wat na die doderyk neergedaal het saam met hulle oorlogswapens en wie se swaarde onder hulle hoofde gesit is nie; wie se ongeregtighede nogtans op hulle gebeente is, omdat die skrik vir die helde in die land van die lewendes was.
Afrikaans 1983 maar hulle lê nie by die krygsmanne wat eervol gesneuwel het nie, dié wat af is doderyk toe met hulle wapens, wie se swaarde onder hulle koppe gesit is en wie se skilde oor hulle bene lê. Mesek-Tubal en sy hordes het verskrikking gesaai in die land van die lewendes.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle lê nie by die krygshelde, die gevallenes uit die onbesnedenes nie, hulle wat afgedaal het in die doderyk met hulle oorlogswapens, hulle wie se swaarde onder hulle koppe geplaas is. Hulle sondeskuld sit aan hulle gebeente, want hulle was die verskrikking van krygshelde in die land van die lewendes.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mesek-Tubal en al sy soldate lê nie saam met die dapper soldate wat gesterf het en wat apart lê nie. Die dapper soldate lê nie by die mense vir wie niemand respekteer nie. Die dapper soldate het afgegaan na die doderyk, hulle wapens is by hulle. Hulle swaarde lê onder hulle koppe en hulle skilde lê oor hulle bene. Toe hulle gelewe het, was almal bang vir hulle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het nie eens behoorlike begrafnisse gehad soos helde wat in die oorlog dood is nie. Hulle is nie soos helde met militêre eerbewys begrawe nie. Almal was vir hulle bang. En wat het met hulle gebeur? Hulle is sommer in ’n gat in die grond gegooi.