Ezekiel 32:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daar is Meseg, Tubal en sy hele menigte; rondom hom is sy grafte: almal onbesnede, verslaan deur die swaard, al het hulle hul skrik veroorsaak in die land van die lewendes.
Afrikaans (NLV) 2011 “Mesek en Tubal is daar, omring deur die grafte van hulle menigtes, almal onbesnede slagoffers van die swaard, want hulle het paniek gesaai onder lewendes in die land.
Afrikaans 1933/1953 Daar is Meseg-Tubal en sy hele menigte; rondom hom is hulle grafte; hulle is almal onbesnede, verslaan deur die swaard, omdat hulle skrik voor hulle versprei het in die land van die lewendes.
Afrikaans 1983 “Mesek-Tubal en al sy hordes is daar; hulle grafte lê rondom syne; almal is eerloos deurboor met die swaard. Hulle het verskrikking gesaai in die land van die lewendes,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Daar is Meseg-Tubal en al sy hordes rondom sy graf – almal onbesnedenes, is hulle deurboor met die swaard; want hulle het 'n skrikbewind gevoer in die land van die lewendes.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Mesek-Tubal en al sy soldate is ook daar. Hulle grafte is rondom hom. Niemand respekteer hulle nou nie. Toe hulle gelewe het, was almal bang vir hulle, maar die vyande het hulle doodgemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Mesek-Tubal is ook daar, in die graf. Al hulle soldate se grafte is om hulle. Vroeër het mense gebewe as hulle van hierdie soldate gehoor het. Maar nou het Ek hulle van die aarde afgevee. Hulle is in die oorlog doodgemaak.