Ezekiel 32:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle het vir haar 'n bed in die midde van die gesneuweldes opgestel met al sy menigte; sy grafte is rondom hom: almal onbesnedenes, verslaan deur die swaard; al was hulle skrik in die land van die lewendes, tog het hulle gedra hulle skande by die wat in die kuil neerdaal; Hy word gesit onder die wat verslaan is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy lê tussen dié wat dood is, tussen die grafte van sy krygers. Almal is onbesnede, omgebring deur die swaard. Hulle het verskrikking gesaai in die land van die lewendes, maar lê nou verneder in die graf saam met dié wat omgekom het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Onder die wat verslaan is, het hulle vir hom 'n bed gemaak saam met sy hele menigte; rondom hom is hulle grafte; hulle is almal onbesnede, verslaan deur die swaard, omdat skrik voor hulle versprei is in die land van die lewendes; en nou dra hulle hul skande by die wat in die kuil neergedaal het. Onder die wat verslaan is, is hy neergelê. |
| Afrikaans 1983 | Elam het sy plek gekry tussen die dooies, met die grafte van al sy hordes rondom hom, almal eerloos afgemaai deur die swaard. Hulle het verskrikking gesaai in die land van die lewendes, maar nou dra hulle hulle vernedering saam met dié wat reeds dood is; hulle het tussen die dooies beland. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Tussen gesneuweldes het hulle 'n lêplek vir Elam ingerig by al sy hordes. Hulle is rondom sy graf, almal onbesnedenes, deurboor met die swaard; want hulle het hulle skrikbewind gevoer in die land van die lewendes. Hulle dra hulle vernedering saam met dié wat in die put afdaal; tussen gesneuweldes is hulle neergelê. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Elam moet gaan lê tussen die mense wat in oorlog gesterf het. Al sy soldate se grafte is rondom hom. Niemand respekteer hulle nou nie. Toe hulle gelewe het, was almal bang vir hulle, maar hulle het in oorlog gesterf en hulle is nie meer belangrik nie, hulle is by die mense wat afgaan in die graf, hulle is tussen die dooie mense. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle lê nou magteloos daar saam met die ander wat in die oorloë dood is. Die grafte van al hulle mense is rondom hulle. Vroeër was die hele wêreld bang as jy net hulle naam noem. Maar nou lê hulle in die graf. Daar het niks van hulle oorgebly nie. |