Ezekiel 32:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | wie se grafte in die kante van die kuil gesit is, en sy menigte is rondom haar graf; almal gedood, deur die swaard geval, wat skrik veroorsaak het in die land van die lewendes. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle grafte is diep in die doderyk, omring deur hulle bondgenote. Lank tevore het hulle oral angs in mense gewek, maar nou het hulle vyande hulle doodgemaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | wie se grafte gemaak is in die uithoeke van die kuil, en sy menigte is rondom sy graf; hulle is almal verslaan, geval deur die swaard, hulle wat skrik versprei het in die land van die lewendes. |
| Afrikaans 1983 | Sy grafte lê diep in die doderyk; rondom hom lê sy leërmag begrawe, almal dood, afgemaai deur die swaard, dié mense wat verskrikking gesaai het in die land van die lewendes. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Assirië, wie se grafte geplaas is op die uithoeke van die put. Sy strydmag is rondom sy graf – almal gesneuweldes, geval deur die swaard, hulle wat 'n skrikbewind gevoer het in die land van die lewendes. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die grafte van Assirië is in die verste plekke van die doderyk. Sy mense lê rondom hom in hulle grafte. Toe hulle gelewe het, was almal bang vir hulle, maar hulle het almal in oorlog gesterf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle grafte is diep in die grond gegrawe. Al hulle soldate lê ook daar. Vroeër het hulle baie mense doodgemaak. Almal was vir hulle bang. Kyk waar lê hulle nou! In die graf. Hulle vyande het hulle doodgemaak. |