Ezekiel 32:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die sterkes onder die magtiges sal met hom spreek uit die doderyk met die wat hom help: hulle het neergedaal, hulle lê onbesneden, verslaan deur die swaard. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vanuit die graf spot die magtige leiers vir Egipte en sy bondgenote: ‘Hulle het neergedaal na die graf en lê nou by die onbesnedenes, by die slagoffers van die swaard!’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Die magtigste helde sal hom, met sy helpers, toespreek uit die doderyk uit: Hulle het neergedaal, hulle lê daar -- die onbesnedenes, verslaan deur die swaard. |
| Afrikaans 1983 | Uit die graf sê die magtige krygsmanne oor Egipte en sy helpers: ‘Hulle is af graf toe, hulle lê by die eerloses, by dié wat gesneuwel het!’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die magtigste krygshelde sal midde-in die •doderyk oor hom sê, oor hom saam met sy helpers, ‘Hulle het afgedaal; die onbesnedenes lê daar, deurboor met die swaard.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die belangrike manne wat oorlog gemaak het, sal uit die doderyk praat, hulle sal oor Egipte en oor almal wat vir Egipte gehelp het, sê: ‘Hulle gaan af, hulle gaan lê by die mense wat dood is. Daardie mense het in oorlog gesterf, niemand respekteer hulle nou nie.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die sterk leiers van die nasies wat Ek reeds doodgemaak het en wat nou in die graf lê, sê: ‘Welkom, Egipte! Julle het nou julle verdiende loon gekry. Julle lê nou tussen ons almal wat deur die Here vernietig is. Ons is almal in die oorlog doodgemaak.’ |