Ezekiel 32:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle sal val tussen die wat deur die swaard verslaan is; sy is aan die swaard oorgegee; trek haar en al haar menigte. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle sal omkom saam met ander wat deur die swaard gesneuwel het, want die swaard is reeds uitgetrek. Laat Egipte en al sy menigtes weggesleep word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Onder die wat deur die swaard verslaan is, sal hulle val; die swaard is aangegee; trek hom weg saam met sy hele menigte. |
| Afrikaans 1983 | Hulle val tussen dié wat gesneuwel het. Die swaard het sy werk gedoen: Egipte en al sy hordes word weggesleep. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Tussen dié wat deur die swaard gesneuwel het, sal hulle val. 'n Swaard is gegee – sleep Egipte en al sy hordes weg! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Egipte en al sy soldate sal val tussen die mense wat in oorlog gesterf het. Ek het hulle vir die swaard gegee. Die vyande sal hulle wegsleep. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Egipte gaan dood in die oorlog wat Ek stuur. Egipte het in die hof beland oor sy slegte dade, en Ek oordeel hom. |