Ezekiel 32:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Mensekind, hef 'n klaaglied aan oor Farao, die koning van Egipte, en sê vir hom: Jy is soos 'n jong leeu van die nasies, en jy is soos 'n walvis in die see; en jy het uitgekom met jou riviere en die waters met u voete en hulle riviere besoedel.
Afrikaans (NLV) 2011 “Mensekind, huil oor die farao, die koning van Egipte. “Sê vir hom: Jy het jouself as ’n sterk, jong leeu tussen die nasies gesien, maar eintlik is jy ’n seemonster wat in jou riviere rondtrap en die water modderig maak.
Afrikaans 1933/1953 Mensekind, hef 'n klaaglied aan oor Farao, die koning van Egipte, en sê vir hom: Jong leeu onder die volke, verlore is jy! En jy was soos 'n draak in die groot water, en jy het uitgebreek in jou strome en die waters geroer met jou pote en die strome daarvan troebel gemaak.
Afrikaans 1983 “Mens, sing 'n treurlied oor die farao, koning van Egipte. Jy moet oor hom sê: “Jy was soos 'n leeu onder die nasies, maar jy is tot swye gebring. Jy was soos die groot monster in die see, jy het jou rivierwaters laat kook, die waters troebel gemaak met jou voete, die riviere modderig laat word.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Mensekind, hef 'n treurlied aan oor die farao, die koning van Egipte, en sê vir hom, ‘Jy was soos 'n jong leeu onder die nasies; jy was soos 'n krokodil in die waters. Jy het in jou riviere ingestorm, jy het die water troebel gemaak met jou pote, jy het hulle strome modderig gemaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Mens, jy moet 'n klaaglied sing oor die farao, die koning van Egipte. Jy moet vir hom sê: “Jy het gedink jy is 'n leeu tussen die volke, maar Ek het jou stilgemaak. Jy was soos die watermonster, jy het in jou waterstrome rondgetrap, jy het die water vuil en vol modder gemaak met jou pote, jy het die waterstrome vuil gemaak.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Mens, huil oor die farao, die koning van Egipte. Sê vir hom: Jy dink jy is soos ’n sterk jong leeu. Jy is só trots as jy tussen die ander nasies is. Maar weet jy wat jy eintlik is? Jy is eintlik maar net ’n seemonster wat in ’n rivier beland het. En al wat jy regkry, is om modder op te skop.