Ezekiel 32:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) By wie gaan jy verby in skoonheid? gaan af en laat jou lê by die onbesnedenes.
Afrikaans (NLV) 2011 Sê vir hulle: ‘Egipte, is jy beter as die ander nasies? Gaan af en gaan lê tussen die onbesnedenes!’
Afrikaans 1933/1953 Bo wie is jy skoon? Daal af, en laat jou neerlê by die onbesnedenes.
Afrikaans 1983 Moet dit met julle beter gaan as met ander? Gaan af, gaan lê by die eerloses!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) ‘Wie oortref jy in skoonheid? Gaan af, word neergelê by onbesnedenes!’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet vir Egipte sê: ‘Jy is nie beter as die ander lande nie, jy moet afgaan en by die mense daar onder gaan lê, niemand respekteer daardie mense nie.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sê vir hulle: Egipte, is jy dalk beter as die ander nasies? Nee! Daarom gooi Ek jou op die grond. Jy lê in die graf saam met die ander nasies wat Ek ook gestraf het.