Ezekiel 32:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Mensekind, huil oor die menigte van Egipte, en werp hulle neer, sy en die dogters van die bekende nasies, na die onderste dele van die aarde, saam met die wat in die kuil neerdaal.
Afrikaans (NLV) 2011 “Mensekind, treur oor die mense van Egipte, want saam met sterk nasies stuur Ek hulle na die onderwêreld, om in die graf te lê.
Afrikaans 1933/1953 Mensekind, weeklaag oor die menigte van Egipte, en laat hulle neerdaal hy met die dogters van geweldige nasies in die onderste plekke van die aarde, by die wat in die kuil neergedaal het.
Afrikaans 1983 “Mens, sing vir die hordes van Egipte die lied wat vir dooies gesing word. “Stuur hulle en ook die ander magtige nasies af in die graf in na dié toe wat reeds dood is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Mensekind, weeklaag oor die hordes van Egipte en laat hulle afdaal – ook Egipte en die dogters van magtige nasies – af na die aarde se diepste dele, saam met dié wat in die put afdaal. Sê vir hulle,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Mens, jy moet huil en treur, jy moet sing oor die soldate van Egipte wat sal sterf. Jy moet hulle en die vroue van belangrike volke laat gaan na die land daar onder, saam met die mense wat afgaan in die graf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Mens, huil oor die mense van Egipte. Maar huil ook oor die mense van die ander nasies, want Ek laat hulle almal doodgaan. Hulle sal binnekort in die graf wees saam met al die ander mense wat alreeds dood is.