Ezekiel 32:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit is die klaaglied waarmee hulle haar sal beklaag: die dogters van die nasies sal haar beklaag; hulle sal oor haar rou, oor Egipte en oor sy hele menigte, spreek die HERE HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Dít is die begrafnislied wat hulle dan vir Egipte sal sing, die vroue van ander nasies wat oor Egipte en sy mense sing. So sê die oppermagtige Here.”
Afrikaans 1933/1953 'n Klaaglied is dit, en hulle moet dit sing; die dogters van die nasies moet dit sing; hulle moet dit sing oor Egipte en oor sy hele menigte, spreek die Here HERE.
Afrikaans 1983 Dit is die treurlied wat gesing sal word; die vroue van ander nasies sal dit sing, hulle sal dit sing oor Egipte en al sy hordes,” sê die Here my God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit is 'n treurlied, en hulle sal dit sing, die dogters van die nasies sal dit sing, oor Egipte en al sy hordes sal hulle dit sing.” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here. ’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hierdie lied is 'n klaaglied. Die vroue van die volke moet dit sing. Hulle moet 'n klaaglied sing oor die farao en al sy soldate.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al die mense sal by jou begrafnis sing. Hulle sal sing omdat Egipte en al sy mense dood is,” sê die Here, die God van Esegiël.