Ezekiel 32:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wanneer Ek Egipteland 'n wildernis maak en die land ontbloot van dit waarvan dit vol was, as Ek almal wat daarin woon, sal verslaan, dan sal hulle weet dat Ek die HERE is.
Afrikaans (NLV) 2011 “Wanneer Ek Egipte vernietig en alles uitwis en al sy mense doodmaak, sal julle besef Ek is die Here.
Afrikaans 1933/1953 As Ek Egipteland 'n wildernis maak en die land woes lê, van sy volheid beroof, as Ek almal wat daarin woon, verslaan het, dan sal hulle weet dat Ek die HERE is.
Afrikaans 1983 “Wanneer Ek Egipte 'n verlate land maak, hom stroop van wat in hom is, wanneer Ek al sy inwoners laat omkom, sal hulle besef dat Ek die Here is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ “Wanneer Ek die land Egipte 'n woesteny maak, en die land verlate lê van alles wat daarin was, wanneer Ek al die inwoners daarin neervel, sal hulle besef dat Ek die Here is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal Egipte 'n land maak waar niemand kan woon nie en Ek sal alles wegvat wat in die land is. Ek sal almal laat sterf wat in die land woon, dan sal hulle weet dat Ek die Here is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Daardie dag verwoes Ek jou land. Niemand sal bly leef nie. Ek maak alles en almal dood. Dan sal jy weet en erken dat Ek die Here is.