Ezekiel 32:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dan sal Ek hulle waters diep maak en hulle riviere soos olie laat loop, spreek die HERE HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek maak die water van Egipte helder, en dit sal rustig vloei soos olyfolie, sê die oppermagtige Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dan sal Ek hulle waters laat besink en hulle riviere laat vloei soos olie, spreek die Here HERE. |
| Afrikaans 1983 | Dan sal Ek die water weer helder laat word en Egipte se strome so rustig laat vloei soos strome olie,” sê die Here my God. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dan sal Ek hulle waters helder maak, hulle riviere soos olie laat vloei.” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here. ’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan sal Ek die water weer stil laat word, die riviere sal soos strome olyf-olie vloei. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die riviere van Egipte sal dan kalm word. Hulle sal soos olie vloei, sonder dat iemand dit versteur,” sê die Here, Esegiël se God. |