Ezekiel 32:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek sal ook al sy diere van langs die groot waters uitroei; en die voet van die mens sal hulle nie meer hinder nie, en die kloue van die vee sal hulle nie meer lastig val nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek vernietig ook al jou vee wat by die water wei. Die water sal nie meer vertroebel word deur mensevoete of pote van vee nie.
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal al sy vee laat omkom by die groot waters; en geen mensevoet sal dit weer laat roer nie en geen dier se kloue dit troebel maak nie.
Afrikaans 1983 Ek roei al sy vee uit daar langs die baie water. Die water sal nie meer geroer word deur die voet van 'n mens of modderig gemaak word deur vee se pote nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal al sy vee laat verdwyn langs baie water. Die voet van 'n mens sal dit nie weer troebel maak nie; die hoewe van vee sal dit nie troebel maak nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal al die diere van Egipte laat verdwyn, die diere by die baie water. 'n Mens se voet of 'n dier se poot sal nie weer die water vuil maak nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dan vernietig Ek jou skape en beeste wat langs die riviere wei. Nooit sal enige dier of mens weer daar kom nie. Ek maak jou land ’n verlate plek, ’n woestyn.