Ezekiel 32:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Deur die swaarde van die helde sal Ek jou menigte laat val, die vreeslike van die nasies, hulle almal;
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sal jou vernietig met die swaard van sterk soldate, wat almal wrede mense is. Hulle vernietig Egipte se trots; al sy mense word uitgeroei.
Afrikaans 1933/1953 Ek sal jou menigte laat val deur swaarde van helde -- die geweldigste nasies, hulle almal; en hulle sal die prag van Egipte verwoes, en sy hele menigte sal verdelg word.
Afrikaans 1983 Ek laat jou hordes val voor die aanslag van sy soldate, almal wrede mense; hulle sal die trots van Egipte vernietig, sy hele leër sal uitgeroei word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Deur die swaarde van krygsmanne laat Ek jou hordes val; hulle is die gewelddadigstes van nasies, hulle almal. Hulle sal die trots van Egipte geweld aandoen; al sy hordes sal uitgedelg word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal jou baie soldate laat doodmaak. Ek sal manne stuur wat goed oorlog kan maak. Hulle almal is wrede mense, hulle sal alles verwoes waarop Egipte trots is, hulle sal al Egipte se soldate doodmaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek vernietig jou in daardie oorlog, want hulle is sterk en ervare soldate. Al die nasies is bang vir die Babiloniese weermag. Hulle sal jou op jou knieë bring, Egipte, want jy is ’n trotse volk. Sy soldate sal jou vernietig.