Ezekiel 32:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ja, Ek sal baie volke oor jou verstom maak, en hulle konings sal vir jou verskriklik bang wees as Ek my swaard voor hulle uitswaai; en hulle sal elke oomblik bewe, elkeen vir sy eie lewe, op die dag van jou val. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek maak baie mense verstom oor wat met jou gebeur. Hulle konings se hare sal regop staan oor wat jou sal tref as Ek my swaard oor hulle swaai. Die dag as Ek jou tot ’n val bring, sal elkeen vir sy lewe vrees. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal maak dat baie volke oor jou verstom staan en hulle konings sal oor jou gril van skrik as Ek my swaard voor hulle swaai; en hulle sal elke oomblik sidder, elkeen vir sy lewe, op die dag van jou val. |
| Afrikaans 1983 | Ek laat al die volke verskrik staan oor wat met jou gebeur; hulle konings se hare sal rys oor wat met jou gebeur wanneer Ek voor hulle oë my swaard swaai. Hulle sal sidder van angs oor hulle eie lewens dié dag wanneer jy tot 'n val kom.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal baie volke oor jou verbyster laat; hulle konings sal onbedaarlik sidder oor jou wanneer Ek my swaard voor hulle swaai. Hulle sal die hele tyd bewe, elkeen uit vrees vir sy lewe op die dag van jou val. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal baie volke groot laat skrik oor wat met jou gebeur. Hulle konings sal bewe oor jou wanneer Ek my swaard voor hulle swaai. Hulle almal sal aanhou bewe op die dag wanneer jy sterf.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ja, Ek maak dat mense oor die hele wêreld bleek sal word soos hulle skrik. Die konings van die wêreld sal bewe, so bang is hulle dat hulle ook doodgemaak word as Ek Egipte verwoes.” |