Ezekiel 31:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So was hy mooi in sy grootheid, in die lengte van sy takke, want sy wortel was by groot waters. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het groot en mooi geword met takke wat ver uitgesprei het. Sy wortels het diep afgegaan na waters wat in oorvloed was. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het skoon geword in sy grootheid, in die lengte van sy takke, omdat sy wortel by groot waters was. |
| Afrikaans 1983 | Hy was 'n mooi en 'n groot boom met wydgespreide takke, want sy wortels het tot by baie water gekom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy was pragtig in sy volle grootte met sy lang, blaarryke takke, want sy wortels was by baie water. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die boom was mooi en hy was groot. Sy takke was lank, want sy wortels was by baie water. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die boom was pragtig en sterk, want die wortels van die boom het tot by die water gegroei. |