Ezekiel 31:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Al die voëls van die hemel het hulle nes gemaak in sy takke, en onder sy takke het al die diere van die veld hulle kleintjies gebaar, en onder sy skaduwee het al die groot nasies gewoon.
Afrikaans (NLV) 2011 Die voëls van die hemel het in sy takke nes gemaak; in sy skaduwee het die wilde diere hulle kleintjies in die wêreld gebring. Die groot nasies van die wêreld het in sy skaduwee geleef.
Afrikaans 1933/1953 Al die voëls van die hemel het nes gemaak in sy takke, en al die wilde diere van die veld het onder sy takkies aangeteel, en allerhande groot volke het onder sy skaduwee gaan sit.
Afrikaans 1983 Al die voëls het kom nes maak in sy takke, onder hom het al die wilde diere hulle kleintjies in die wêreld gebring en in sy skaduwee het al die baie nasies kom woon.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In sy takke het al die voëls van die hemel nesgemaak, onder sy lote het al die wilde diere kleintjies gekry, en in sy skaduwee het al die verskillende nasies gewoon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die voëls het hulle neste kom maak in die takke van die groot boom, die wilde diere het kleintjies gekry onder die boom, en al die baie volke het in sy skaduwee kom woon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die voëls het graag in die groot boom se takke nes gemaak. En die wilde diere het op die hitte van die dag in die skaduwee van die boom gaan lê. Daar is hulle kleintjies gebore.