Ezekiel 31:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom was sy hoogte verhewe bo al die bome van die veld, en sy takke het vermenigvuldig, en sy takke het lank geword vanweë die veelheid van waters toe hy uitgeskiet het.
Afrikaans (NLV) 2011 Hierdie groot boom het bo al die ander bome uitgestaan. Hy het floreer met lang, dik takke omdat daar so baie water was.
Afrikaans 1933/1953 Daarom het hy hoër gegroei as al die bome van die veld, en het sy takke baie geword en sy takkies lank, weens die groot waters toe hy uitgeskiet het.
Afrikaans 1983 Hy het hoër as al die ander bome geword, sy takke meer en langer van al die water in die leivore.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom was hy hoër as al die bome in die veld, en het sy takke baie geword, was sy lote wat hy uitgestoot het, lank van al die water.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die sederboom het hoër gegroei as al die ander bome, dit het groot takke en lang blare gekry, want dit het baie water uit die waterslote gekry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Hierdie groot boom het uitgetoring bo al die ander bome. Die takke van die boom het dik gegroei omdat sy wortels in diep water gestaan het.