Ezekiel 31:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die waters het hom groot gemaak, die watervloed het hom hoog laat optrek met sy riviere wat rondom sy plante loop, en sy riviertjies het na al die bome van die veld uitgestuur. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die waters het hom natgemaak en hy het groot en hoog gegroei. Die water was ook genoeg vir alle bome rondom hom. |
| Afrikaans 1933/1953 | Waters het hom grootgemaak; die watervloed het hom hoog laat groei, wat met sy strome gegaan het rondom die plek waar hy geplant was, en sy watervore uitgestuur het na al die bome van die veld. |
| Afrikaans 1983 | Die water het hom groot laat word, die onderaardse waters het hom 'n hoë boom gemaak. Groot strome water het om hom geloop, en van hom af stroompies na al die ander bome toe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Water het hom laat groei; die •oerwater het hom hoog laat word, dit het sy strome laat vloei rondom die plek waar die seder geplant was. Die oerwater het daarna sy vore uitgestuur na al die bome in die veld. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar was baie water by die sederboom. Die water het die boom groot laat word. Die diep water het hom hoog laat groei en dit het strome water laat vloei rondom die plek waar die boom gegroei het. Die strome water het gevloei na al die bome. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Waar hy gegroei het, was daar baie water. Daar was soveel water dat al die bome rondom hierdie groot boom ook genoeg water gehad het. |