Ezekiel 31:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk, die Assiriër was 'n seder op die Líbanon met mooi takke en met 'n skadu kleed en van hoë gestalte; en sy top was tussen die digte takke.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy is soos Assirië. Hy was op die Libanonberge ’n seder met baie dik takke. Met sy top tussen die wolke, het dit die bos donker gemaak.
Afrikaans 1933/1953 Kyk, Assur was 'n seder op die L¡banon, skoon van takke en 'n skaduryke bos en hoog van groei; en sy top was tussen die wolke.
Afrikaans 1983 Daar was Assirië, die seder op die Libanon. Sy pragtige takke het hulle skaduwee oor die bos gegooi. Die seder het hoog gegroei, sy top was tussen die wolke.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kyk, Assirië was 'n seder op die Libanon met mooi takke wat die woud oorskadu; sy hoogte was geweldig, en tussen die wolke sy top.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Kyk na Assirië. Assirië was soos 'n sederboom op die Libanon-berg. Die boom het mooi takke gehad en baie blare. Die boom was hoog en sy boonste punt was tussen die wolke.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy het gedink jy is so sterk soos Assirië, die land daar in die ooste. “Kom Ek vertel jou wat het met Assirië gebeur. Assirië het soos ’n hoë sederboom op die hoogste berg in my land, die Libanonsberg, gegroei. Assirië was ’n groot en sterk nasie. Hy was soos ’n sterk boom wat sy skaduwee oor ’n groot deel van die aarde gegooi het. Hierdie boom het gedink sy top is tussen die wolke, so hoog was hy.