Ezekiel 31:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Mensekind, spreek met Farao, die koning van Egipte, en met sy menigte; Wie is jy soos in jou grootheid? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Mensekind, gaan sê vir die farao, koning van Egipte, en al sy mense: “Met wie kan jou grootheid vergelyk word? |
| Afrikaans 1933/1953 | Mensekind, sê aan Farao, die koning van Egipte, en aan sy menigte: Na wie lyk jy in jou grootheid? |
| Afrikaans 1983 | “Mens, sê vir die farao, koning van Egipte, en vir sy leër: “Wie het soveel mag gehad as jy? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Mensekind, sê vir die farao, die koning van Egipte, en vir sy hordes, ‘Met wie kan jy vergelyk word in grootte? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Mens, jy moet vir die farao en vir al sy soldate sê: “Wie was so belangrik soos jy? Niemand. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Mens, gaan sê vir die koning van Egipte en vir al sy mense wat Ek sê. Ek dink só oor hulle: Jy was so trots en jy het gedink niemand is so sterk soos jy nie! |