Ezekiel 31:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek het die nasies laat bewe van die geluid van sy val, toe Ek hom saam met die wat in die kuil neerdaal in die doderyk laat neerdaal het; en al die bome van Eden, die uitgesoekte en beste van die Líbanon, almal wat water drink, sal vertroos word in die onderste dele van die aarde. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het die nasies laat bewe voor die gedreun van sy val, want Ek het hom graf toe gestuur saam met al die ander wat soos hy is. Die ander trotse bome van Eden, die mooiste en beste van die Libanon, hulle wat water gebruik het, was bly in die onderwêreld. |
| Afrikaans 1933/1953 | Deur die geluid van sy val het Ek die nasies laat bewe, toe Ek hom na die doderyk laat neerdaal het saam met die wat in die kuil neerdaal; en al die bome van Eden, die uitgesoektes en bestes van die L¡banon, almal waterdrinkers, het hulleself getroos in die onderste van die aarde. |
| Afrikaans 1983 | Ek het die nasies laat sidder van die gedreun van die seder se val toe Ek hom die doderyk ingestuur het na dié toe wat in die graf is. Al die bome van Eden, die uitsoekbome, die bestes op die Libanon, almal wat aan die water gestaan het, was bly daar onder die aarde. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Met die geluid van sy val het Ek nasies laat bewe. Dit het gebeur toe Ek hom laat afgaan het na die doderyk, saam met dié wat afdaal in die put. In die wêreld daar onder was daar berusting by al die bome van Eden, die keur en die bestes van die Libanon, almal wat water trek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het die volke laat bewe toe hulle hoor hoe die boom val. Dit was toe Ek die boom laat afgaan het na die doderyk saam met die mense wat afgaan in die graf. Al die bome van Eden, die beste en mooiste bome op die Libanon-berg wat water gekry het, het beter gevoel in die land daar onder, die doderyk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | En Ek het al die nasies laat bewe, so bang was hulle toe hierdie groot boom geval het. Die aarde het gedreun van die slag. Ek het Assirië in sy graf laat beland. Net so het Ek alle trotse mense doodgemaak. Al die ander trotse bome wat ook in die tuin van Eden gegroei het, het gesien dat hierdie groot boom saam met hulle in die graf beland het. Die mooiste en beste bome wat diep wortels gehad het wat tot by die waters gegaan het, is almal graf toe. |