Ezekiel 31:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sê die HERE HERE; Op die dag toe hy na die graf neergedaal het, het Ek 'n rou veroorsaak: Ek het die watervloed vir hom bedek en sy strome teruggehou, en die groot waters het gestop; en Ek het die Líbanon oor hom laat treur, en al die bome van die veld het vir hom flou geword. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “So sê die oppermagtige Here: Toe hy in die graf afgegaan het, het die waters oor hom getreur, en Ek het die strome teruggehou sodat daar nie meer water was nie. Ek het die Libanon swart aangetrek en die bome van die veld het oor hom verlep. |
| Afrikaans 1933/1953 | So sê die Here HERE: Op die dag toe hy na die doderyk neergedaal het, het Ek laat treur: Ek het om sy ontwil die watervloed oordek en die strome daarvan teruggehou, sodat die groot waters gestuit is; en Ek het om sy ontwil die L¡banon in swart gehul, en al die bome van die veld het gesmag om sy ontwil. |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here my God: “Die dag toe die seder na die doderyk toe af is, het Ek die onderaardse waters oor hom laat treur en die strome teruggehou, sodat die baie water opgeraak het. Ek het die Libanon ook laat treur oor die seder; al die bome het verdroog. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘So sê my Heer, die Here: “Die dag toe hy afgedaal het na die •doderyk, het Ek 'n rouklag laat opklink: Oor hom het Ek die oerwater toegemaak; Ek het sy strome gestuit; die watermassa is teruggehou. Ek het oor hom die Libanon in swart geklee, en oor hom het al die bome in die veld versmag. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here, Hy wat Here is, sê: “Ek het die diep water laat rou oor die groot sederboom. Ek het die sederboom laat toemaak daardie dag toe hy afgegaan het na die doderyk. Ek het die riviere laat ophou vloei en Ek het die baie water teruggehou. Ek het die Libanon-berg laat rou oor die groot sederboom, en al die bome het flou geword oor die sederboom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | So sê die Here, Esegiël se God: “Assirië het in sy graf beland. Almal het gehuil toe hy begrawe word. Selfs die waters wat hom van kos voorsien het, het opgehou om te loop, so het hulle oor hom getreur. Die Libanonsberge het ook gehuil. Hy het swart begrafnisklere aangetrek. Al die bome in die bos het droog geword. |