Ezekiel 31:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sodat nie een van al die bome by die water hulle verhef vir hulle hoogte nie, en hulle top nie opskiet tussen die digte takke nie, en hulle bome nie in hulle hoogte staan nie, almal wat water drink; want hulle is almal aan die dood oorgelewer, na die onderste dele van die aarde, tussen die mensekinders, saam met die wat in die kuil neerdaal.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarom sal geen boom wat by waters staan, ooit weer trots word en sy kop tussen die wolke optel nie. Geen ander boom mag weer so hoog word nie. Hulle is almal bestem om dood te gaan, na die graf toe tussen sterflike mense.
Afrikaans 1933/1953 sodat al die bome wat by water staan, nie hoog sou groei en hulle top nie sou verhef tussen die wolke nie, en hulle magtiges nie sou gaan staan in hulle hoogheid, almal wat water drink nie! Want hulle is almal oorgegee aan die dood om te gaan na die onderste van die aarde, onder die mensekinders, na die wat in die kuil neerdaal.
Afrikaans 1983 Geen boom by die water sal weer so hoog groei nie, nie een se top sal tot tussen die wolke kom nie, geen boom sal weer soveel water hê dat hy so hoog sal staan nie. Hulle word almal oorgegee in die mag van die dood. Hulle plek is onder die grond tussen die mense wat in die graf is.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit het gebeur, sodat al die ander bome by die water nie in hoogte sou uitstaan en hulle toppe tot tussen die wolke sou stoot nie, en sodat geen bome wat water kry op hulle eie, daar staan in hulle hoogheid nie. Hulle is immers almal vir die dood bestem, in die wêreld daar onder tussen gewone mense, by hulle wat afdaal in die put. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit het gebeur sodat almal moet weet dat 'n boom by die water nooit weer so hoog sal groei dat sy boonste punt tussen die wolke is nie. Almal moet weet dat 'n boom wat water kry, nooit weer so groot sal word nie. Almal wat soos hierdie boom is, sal moet sterf. Hulle sal afgaan na die land daar onder, hulle sal afgaan tussen die ander mense, die mense wat afgaan in die graf.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Laat die ander bome dít hieruit leer: Laat geen ander nasie ooit so vol van hulleself word soos hierdie boom nie. Laat geen boom wat by die water staan, weer so hoog probeer groei nie. Alle nasies wat so hoog soos die wolke groei, sal dieselfde pad loop. Ek sal hulle platslaan. Al sulke nasies sal vernietig word.”