Ezekiel 31:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Op sy ondergang sal al die voëls van die hemel oorbly, en al die diere van die veld sal op sy takke wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die voëls het op sy omgevalle stam kom sit, en die wilde diere het tussen sy takke gelê. |
| Afrikaans 1933/1953 | Al die voëls van die hemel het gaan sit op sy omgevalle stam, en al die wilde diere van die veld was op sy takkies; |
| Afrikaans 1983 | “Al die voëls het kom sit op sy omgevalle stam, al die wilde diere het tussen sy takke rondgeloop. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op sy omgevalle stam was al die voëls van die hemel tuis, en op sy takke al die wilde diere. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe die boom daar lê, het al die voëls op hom kom sit en al die diere het tussen sy takke kom staan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die voëls sit nou op die boom wat omgeval het. Die wilde diere loop tussen die takke deur en wei. |