Ezekiel 31:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En vreemdelinge, die verskriklike van die nasies, het hom uitgeroei en hom verlaat; op die berge en in al die valleie het sy takke geval, en sy takke is gebreek deur al die riviere van die land; en al die mense van die aarde het uit sy skaduwee neergedaal en hom verlaat. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die wreedste van vreemde soldate het hom afgekap en hom op die grond laat val. Die takke lê verstrooid oor die berge en valleie en ravyne. Al die mense wat in sy skaduwee geleef het, het weggegaan en hom agtergelaat. |
| Afrikaans 1933/1953 | Vreemdes, die geweldigste nasies, het hom afgekap en hom neergewerp; op die berge en in al die dale het sy takke geval, en sy takkies is stukkend gebreek in al die klowe van die land; en al die volke van die aarde het uit sy skaduwee weggegaan en hom so laat lê. |
| Afrikaans 1983 | Vreemdes het hom afgekap, wrede nasies, en hom omgegooi. Sy takke het geval op die berge en in al die valleie, stukkend geval in al die klowe van die aarde. Al die volke van die aarde moes sy skaduwee verlaat en hom daar laat lê. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Vreemdes, die gewelddadigstes van die nasies, het hom afgekap en hom daar laat lê. Op die berge en in al die valleie het sy blare geval, en gebreek het sy lote in al die stroombeddings van die aarde gelê. Van sy skaduwee af het al die volke van die aarde weggegaan en hom daar laat lê. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Vreemde mense, wrede volke, het die boom afgekap en omgegooi. Sy takke het geval op die berge en in al die valleie. Sy takke het gebreek en dit het in al die waterslote gelê. Al die volke van die aarde het weggegaan uit die skaduwee van die boom en hulle het die boom daar laat lê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Vreemde nasie se soldate kom hom afkap. Hulle het die boom wat afgekap is, op die grond laat lê. Die takke van die boom het op al die berge en in die valleie oor die hele land gelê. Almal wat in die skaduwee van die boom gebly het, het toe padgegee. |