Ezekiel 31:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom het Ek hom oorgegee in die hand van die magtige een van die heidene; hy sal sekerlik met hom handel; Ek het hom verdryf oor sy boosheid.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarom het Ek hom oorgegee aan die leier van nasies wat hom gaan vernietig soos sy boosheid verdien. Ek het hom eenkant neergegooi.
Afrikaans 1933/1953 sal Ek hom oorgee in die hand van die magtige onder die nasies; die sal sekerlik met hom handel; vanweë sy goddeloosheid het Ek hom uitgedrywe.
Afrikaans 1983 Daarom het Ek hom oorgegee in die mag van die gesagvoerder oor die volke. Dié het met hom gedoen wat sy boosheid verdien. Ek het die seder verwerp.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) het Ek hom oorgegee in die hand van 'n maghebber van die nasies. Hy sou beslis teenoor hom optree ooreenkomstig sy goddeloosheid. Ek het hom uitgedryf.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom het Ek die boom vir die sterkste man van al die volke gegee sodat hy met die boom kon doen wat hy wil. Die man het vir die boom die straf gegee wat hy moes kry, want die boom was sleg. Ek het die groot sederboom weggegooi.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarom gee Ek hierdie boom weg vir vyande wat met byle en sae sal kom. Hulle kap hierdie boom af en saag hom in stukke. Hierdie boom het slegte dinge gedoen. Daarom gooi Ek hom weg.