Ezekiel 31:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, so sê die HERE HERE: Omdat jy jou in hoogte verhef het, en hy sy top tussen die digte takke opgeskiet het, en sy hart verhewe is in sy hoogte; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “So sê die oppermagtige Here: Die seder het trots en arrogant geword, en homself bo ander aangestel en sy top tot tussen die wolke gedruk. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom, so het die Here HERE gesê: Omdat hy hoog uitgegroei het, en hy sy top tussen die wolke verhef het en hoogmoedig geword het oor sy hoogte, |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here my God: “Die seder het hoog gegroei, sy top was tussen die wolke, maar sy hoogte het hom hooghartig gemaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ “Daarom,” so sê my Heer, die Here: “omdat hy so hoog uitgestaan het, en hy sy top tot tussen die wolke gestoot het, en hy hooghartig was oor sy grootte, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here, Hy wat Here is, sê: “Die sederboom het hoog gegroei en sy boonste punt was tussen die wolke. Toe het hy hoogmoedig geword omdat hy so groot was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar nou sê die Here, die God van Esegiël: “Hierdie mooi boom het toe trots geword. Hy het begin dink dat hy baie goed en mooi is. Hy het gedink hy is beter as die ander bome. Hy het gedink hy kan sy top in die wolke indruk. |