Ezekiel 31:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En in die elfde jaar, in die derde maand, op die eerste dag van die maand, het die woord van die HERE tot my gekom en gesê: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op 21 Junie, gedurende die elfde jaar van koning Jojagin se ballingskap, het die Here vir my gesê: |
| Afrikaans 1933/1953 | En in die elfde jaar, in die derde maand, op die eerste van die maand, het die woord van die HERE tot my gekom en gesê: |
| Afrikaans 1983 | Op die eerste van die derde maand, in die elfde jaar, het die woord van die Here tot my gekom: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In die elfde jaar op die eerste dag van die derde maand het die woord van die Here tot my gekom: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het met my gepraat. Dit was in die elfde jaar, in die derde maand, op die eerste dag van die maand. Ek het gehoor die Here sê vir my: |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op die 21ste Junie 587 v.C. het die Here verder met my gepraat. Ons koning, Jojagin, was toe al elf jaar lank ’n gevangene in ’n vreemde land. Die Here het vir my gesê: |