Ezekiel 30:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In dié dag sal boodskappers van My af uitvaar in skepe om die sorgelose Kusiete bang te maak, en groot pyn sal oor hulle kom, soos in die dag van Egipte, want kyk, dit kom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Daardie dag stuur Ek boodskappers met skepe om die rustige mense van Etiopië bang te maak. Hulle sal paniekbevange wees die dag as Egipte verwoes word, wat verseker gaan gebeur. |
| Afrikaans 1933/1953 | In die dag sal daar boodskappers voor My uit wegvaar in skepe om die sorgelose Kus te verskrik; en dan sal daar angs onder hulle wees soos in die dag van Egipte. Want kyk, dit kom! |
| Afrikaans 1983 | Daardie dag sal daar van My af boodskappers in skepe gaan om Kus sy gevoel van veiligheid te laat wegskrik; hulle sal bewe die dag as Egipte ondergaan, en die dag kom beslis.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ “Daardie dag sal boodskappers in skepe van My af uitgaan om Kus, wat vol selfvertroue is, te verskrik. Daar sal 'n siddering van angs by hulle wees op die dag van Egipte; want kyk, dit kom.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense van Kus dink hulle is veilig, maar daardie dag sal Ek boodskappers in skepe stuur om hulle te laat skrik. Hulle sal bang word wanneer die dag kom wanneer Ek Egipte sal straf. Want dít moet almal weet, daardie dag kom.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daardie tyd stuur Ek boodskappers wat in vinnige skepe kom. En hulle sal die Etiopiërs wat rustig woon, die skrik op die lyf gaan jaag. Almal sal paniekbevange rondhardloop daardie dag as Ek Egipte finaal vernietig.” |