Ezekiel 30:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle sal 'n wildernis wees te midde van die lande wat verwoes is, en sy stede sal wees tussen die stede wat verwoes is.
Afrikaans (NLV) 2011 Egipte sal verlate wees, omring deur verlate volke. Sy stede sal puinhope wees, omring deur stede wat puinhope is.
Afrikaans 1933/1953 En dit sal verwoes wees tussen die verwoeste lande in, en sy stede sal wees tussen die verwoeste stede in.
Afrikaans 1983 “Egipte sal 'n verlate land wees soos ander verlate lande, sy stede sal soos ander stede in puin lê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ “ Hulle sal verlate wees tussen lande wat verlate lê, en sy dorpe sal lê tussen stede wat puinhope is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Egipte sal 'n land word soos ander lande waar niemand kan woon nie, en sy stede sal wees soos ander stede wat net hope klippe is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Egipte sal soos ’n woestyn word met niemand wat daarin bly nie. Dieselfde sal ook met al die nasies rondom Egipte gebeur. Egipte se stede sal soos ’n woestyn wees met geen lewe in nie; so ook die stede rondom Egipte. Die stede sal net ruïnes wees.