Ezekiel 30:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sê die HERE: En die wat Egipte ondersteun, sal val; en die trots van haar mag sal neerdaal; van die toring van Siëne sal hulle daarin val deur die swaard, spreek die HERE HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 “Want so sê die Here: Al Egipte se bondgenote sal val, en die mag waarop hy so trots was, sal vernietig word. Van Migdol tot by Sewene sal hulle deur die swaard doodgemaak word, sê die oppermagtige Here.
Afrikaans 1933/1953 So sê die HERE: Ja, hulle sal val wat Egipte ondersteun, en sy trotse mag sal wegsink; van Migdol af tot by Siëne sal hulle daarin val deur die swaard, spreek die Here HERE.
Afrikaans 1983 So sê die Here: “Dié wat Egipte ondersteun, sal sneuwel, die mag waarop hy hom beroem, sal ondergaan. “Van Migdol af tot by Sewene sal hulle afgemaai word deur die swaard,” sê die Here my God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ So sê die Here: “Hulle wat Egipte ondersteun, sal val; die krag waarop hy trots is, sal ondergaan. Van Migdol tot by Sewene sal hulle deur die swaard in Egipte val.” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê: “Die mense wat vir Egipte help, sal sterf. Egipte was baie trots op sy soldate, maar hulle sal in die oorlog sterf, van die stad Migdol tot by die stad Sewene.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Want so sê die Here: “Almal wat met Egipte saamgestaan het en hom ondersteun het, sal vernietig word. Egipte het gedink hy is sterk. Maar hy sal ondergaan. Nêrens in die land sal daar iemand oorbly nie. Hulle sal almal in die oorlog doodgemaak word,” sê die Here, die God van Esegiël.