Ezekiel 30:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Etiopië en Libië en Lidia en al die gemengde mense en Chub en die manne van die land wat in bondgenootskap is, sal saam met hulle deur die swaard val.
Afrikaans (NLV) 2011 “Kus, Put, Lud, die hele Arabië en Kub, en al hulle bondgenote sal in die oorlog omkom.
Afrikaans 1933/1953 Kus en Put,ërs en Ludiete en die hele gemengde bevolking en Kub en die kinders van die daarmee verbonde land sal saam met hulle val deur die swaard.
Afrikaans 1983 Die soldate uit Kus, Put en Lud, al die huursoldate en dié uit Kub, en ook dié uit die land met wie Ek 'n verbond gemaak het, sal met die swaard afgemaai word.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ “Kus, Put en Lud, al die huurtroepe en Kub, ook mense uit die land van die verbond sal deur die swaard saam met hulle val.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense van die lande Kus, Put en Lud, al die soldate uit ander lande, die mense van die land Kub en die mense van die land met wie Ek 'n verbond gemaak het, hulle almal sal saam met die Egiptenaars sterf in die oorlog.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die oorlog gaan so erg wees dat dit gaan oorspoel na ander lande en hulle ook vernietig. Etiopië, Libië en Arabië met al hulle bondgenote sal verwoes word.”