Ezekiel 30:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die swaard sal oor Egipte kom, en groot pyn sal wees in Kus, wanneer die gesneuweldes in Egipte val, en hulle sy menigte sal wegneem, en sy fondamente sal afgebreek word.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Swaard kom teen Egipte en angs oor Kus. Wanneer mense in Egipte sneuwel, sal haar rykdomme weggevoer, haar fondasies blootgelê word.
Afrikaans 1933/1953 Dan sal 'n swaard in Egipte kom, en daar sal angs in Kus wees as die wat verslaan is, val in Egipte, en as hulle sy rykdom wegneem en sy fondamente afgebreek word.
Afrikaans 1983 Daar kom oorlog teen Egipte! Selfs in Kus sal die mense bewe wanneer dié in Egipte doodgemaak word. Sy rykdomme sal weggevat word, sy fondamente sal afgebreek word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Swaard sal teen Egipte kom; daar sal 'n siddering van angs wees in Kus wanneer deurboordes in Egipte val. Hulle sal sy rykdom wegvat en sy fondamente afbreek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Leër sal na Egipte kom, en die mense in die land Kus sal bang word. Die vyande sal mense in Egipte laat sterf. Hulle sal die goed van die land vir hulleself vat en hulle sal die geboue afbreek tot op hulle fondamente.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar gaan oorlog oor Egipte kom. En die oorlog gaan so erg wees dat daar nie ’n plek gaan wees waar daar nie lyke rondlê nie. Egipte se rykdom gaan vernietig word en die land tot op die grond verwoes word. Selfs die land aan die suide van Egipte, Etiopië, sal vernietig word.