Ezekiel 30:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want naby is die dag, naby is die dag van die HERE, 'n bewolkte dag; dit sal die tyd van die heidene wees.
Afrikaans (NLV) 2011 want die verskriklike dag is op hande, die Dag van die Here. Dit is ’n dag van donkerte, wanneer nasies geoordeel word!
Afrikaans 1933/1953 Want naby is 'n dag, ja, naby is 'n dag van die HERE, 'n dag van wolke; die tyd van die nasies sal dit wees.
Afrikaans 1983 Die dag is naby, die dag van die Here is naby! Dié dag is donker, die tyd is daar vir die nasies!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, naby is die dag; naby is die dag van die Here – 'n dag van wolke; 'n tyd van oordeel oor nasies sal dit wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Want die dag is naby, die dag van die Here is naby, dit sal 'n donker dag wees, 'n tyd wanneer die Here die volke sal straf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is die dag van die Here wat kom. Dis ’n donker dag waarop mense gaan swaarkry en doodgemaak gaan word. Al die volke gaan rondhardloop, so bang gaan hulle daardie dag wees.