Ezekiel 30:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal die Egiptenaars onder die nasies verstrooi en hulle onder die lande verstrooi; en hulle sal weet dat Ek die HERE is.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek verstrooi die mense van Egipte onder die nasies. Dan sal hulle besef dat Ek die Here is.”
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal die Egiptenaars verstrooi onder die nasies en hulle versprei in die lande. So sal hulle dan weet dat Ek die HERE is.
Afrikaans 1983 “Ek jaag hulle uitmekaar onder die ander nasies in, Ek verstrooi hulle oor ander lande. Dan sal hulle besef dat Ek die Here is.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal die Egiptenare onder die nasies versprei en hulle verstrooi in die lande. Dan sal hulle besef dat Ek die Here is.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En Ek sal die Egiptenaars na al die kante toe jaag tussen ander volke in, hulle sal oral in ander lande moet woon. Hulle sal weet dat Ek die Here is.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ek verstrooi die Egiptenaars onder die nasies. Hulle sal gevangenes in ander lande wees. Dan sal hulle erken dat Ek die Here is!”